
WILDPLAASBESTUUR KURSUS
Is jy gereed vir die beste leerervaring en avontuur van jou lewe? Dan is jy op die regte plek. Gameways is die plek waar teoretiese kennis en praktiese vaardighede hand-aan-hand loop.
WILDPLAASBESTUUR KURSUS INLIGTING

Die kursus sal jou die geleentheid bied om die loopbaanpotensiaal in wildplaasbestuur eerstehands te ervaar. Met hierdie kennis kan jy ‘n toekoms beplan waarin jy jou volle potensiaal ontwikkel terwyl jy jou passie vir die natuur uitleef.
Die wildbedryf in Suid Afrika bied baie opwindende moontlikhede aan persone met die nodige kennis en liefde vir die natuur. Wildplase alleen beslaan ongeveer 25% van die grondoppervlakte van Suid-Afrika en elkeen van daardie plase benodig hardwerkende, passievolle wildplaasbestuurders met die nodige vaardighede en kennis.
Terselfdertyd is daar vele ander beroepe wat swaar op die wildbedryf steun. Ekoloë, veeartse en veearts assistente, veldgidse, professionele jagters, toergidse, teen-stroping spesialiste, gasvryheidbestuurders, wildvangers en taksidermie kundiges het almal een ding in gemeen – liefde en respek vir die natuur en ‘n passie om dit te bewaar.
Gameways se Wildplaasbestuurskursus waarborg om jou uitkyk op die natuur vir altyd te verander. Hierdie kursus onderneem om elke student toe te rus met die nodige teoretiese kennis en praktiese vaardighede rakende die belangrikste aspekte van wildplaasbestuur.
GAMEWAYS WILDPLAASBESTUUR KURSUS DATUMS:
-
23 April 2023 tot 14 Mei 2023 (R24 950 BTW INGESLUIT)

BOEKE WAT ONS AANBEVEEL
-
Veldbestuur: Beginsels en Praktyke – Fritz van Oudtshoorn (ISBN 978-1-920217-56-3) – BRIZA
-
Gids tot Grasse van Suider-Afrika - Frits van Oudtshoorn (ISBN 978-1-920217-34-1) - BRIZA
-
Veldgids tot Bome van Suider-Afrika - Braam & Piet van Wyk (ISBN 9781775841074) - Penguin Random House SA
-
Game Ranch Management (Sixth Edition) - J. du P. Bothma (ISBN 978-0-627-03346-9) - Van Schaik Publishers
-
Wildplaas-Bestuur (Vierde Uitgawe) - J. du P. Bothma (ISDN 978-062702531-0) - Van Schaik Uitgewers
-
The New Game Rancher – Pamela & Peter Oberem (ISBN 978-1-920217-62-4) – BRIZA
LYS VAN BOME & GRASSE BY GAMEWAYS
