
ONS MISSIE
Om opleidingsgeleenthede te bied aan mense wat graag loopbane wil volg in die bewaring van ons natuurerfenis.












WAAROM ONS
Wat Gameways se natuurkursusse so besonders maak is die feit dat die kursusse aangebied word deur topgehalte aanbieders wat elkeen 'n spesialis is in hulle onderskeie velde. Ons aanbieders het 'n passie vir die natuur en strewe om soveel moontlik van hulle kennis en ervaring aan studente oor te dra.
Elke student se welstand en prestasie doelwitte is vir ons belangrik en ons is altyd bereid om die ekstra myl te loop om te verseker dat ons studente hulle vooropgestelde doelwitte wel bereik. Studente word toegerus met die nodige praktiese ervaring en teoretiese kennis om met selfvertroue 'n wildplaas bestuursposisie vol te staan.
Vir ons is elke student spesiaal en hier word studente deel van die Gameways familie. Die lewenslange vriendskappe en herinneringe wat deur die loop van die kursus gesmee is maak hierdie 'n eens in 'n leeftyd ervaring.

Geleë in die hartjie van die beeldskone Limpopo bosveld sowat 60 km vanaf Lephalale (Ellisras) sal julle ons vind. Hier word mede-natuurliefhebbers met ope arms verwelkom en beloof om aan elkeen 'n onvergeetlike ervaring te bied. Studente word gehuisves in die gemak van 'n pragtige opleidings fasiliteit wat oor al die geriewe beskik om te verseker dat studente hulle volle potensiaal kan bereik.
Gameways se opleidings sentrum bied verfrissende swembaddens, 'n ontspannings lokaal, 'n groot eetsaal waar ons professionele kok gebalanseerde etes aan ons studente voorsit en 'n lesings lokaal waar teoretiese kennis aangebied sal word.
Gameways bied ook aan ons studente 'n 2000 ha plaas waarop verskeie praktiese aktiwiteite uitgevoer word. Natuurliefhebbers kan hulself voorberei om elke oggend in die skoonheid van die natuur te begin. Hulle kan verseker wees dat hulle nie op enige indrukwekkende natuur verskynsels gaan uit mis nie.










