
GAMEWAYS TEEN-WILDSTROOP KURSUS
Jy kan ’n verskil maak! Die Gameways Teen-Wildstroop (Anti-Poaching) kursus gee aan studente die nodige kennis en praktiese opleiding, in teen-misdaad en teen-stroop aktiwiteite waaronder ons land tans gebuk gaan.
GAMEWAYS TEEN-WILDSTROOP KURSUS INLIGTING

Die getalle van verskeie Suid Afrikaanse bedreigde wildspesies neem drasties af. Indien ons nie ons diere gaan beskerm, staar hul uitwissing in die gesig en eksosisteme en -stelsel word vernietig. Dit is nou jou kans om die verskil te maak. Bespreek jou plek vir die Gameways Teen-Wildstroop kursus en veg saam met ons vir die toekoms.
“The Only Thing Necessary for the Triumph of Evil is that Good Men Do Nothing” – Edmund Burke
Lees asseblief die onderstaande inligting sorgvuldig deur:
Die GameWays Teen-Wildstroop “Anti-Poaching” opleiding bestaan uit 3 dele wat strek oor ’n
3 maande periode.
Deel 1: Teen-Wildstroop Teorie (Selfstudie tuis) Aanlyn
Deel 2: Teen-Wildstroop Praktiese Opleiding
Deel 3: Teen-Wildstroop Veldfase
Deel 1 (Ongeveer 1 maand voor kursusaanvangs – self studie)
Omdat ons die maksimum moontlike tyd aan praktiese opleiding wil spandeer, word van studente verwag om teoretiese werk deur middel van self studie voor aanvangs van die kursus af te handel. Die suksesvolle voltooiing van die teorie is deel van die toelatingsvereistes vir die Gameways Teen-Wildstroop kursus (Anti-Poaching). Met ontvangs van die 50% deposito sal die fiksheid voorbereidingsrooster vir die student gestuur word. Die Wildlife Campus "online" kursus "login" besondehede sal vir die student gestuur word 'n maand voor die praktiese opleiding hier by Gameways begin.
-
Teen-Wildstroop (Anti-Poaching kursus): - Teorie. Studente moet hierdie een maand aan-lyn "online" kursus voltooi deur selfstudie tuis. Daar word ’n oopboek eksamen afgelê en studente wat slaag ontvang 'n Wildlife Campus sertifikaat wat 'n toelatingsvereiste is vir die Gameways Teen-wilstroop kursus.
-
PSIRA – Graad E & D – Sekuriteit: Studente sal die studie materiaal ontvang vir hulle sekuriteitskwalifikasie en moet hulleself vergewis met die teoretiese inhoud daarvan. Die kursus strek oor twee dae, waarna 'n eksamen afgelê word en 'n sertifikaat aan die suksesvolle student uitgereik word. Die student word by PSIRA registreer. Die kursus vorm deel van die praktiese maand by Gameways.
-
Vuurwapen bevoegdheidskursus (Studie materiaal word in Engels voorsien)
Die bevoegdheid dek die volgende:
-
U/s 117705 - Knowledge of Firearms Control Act 60 of 2000
-
U/s 119649 - Handle and use a Handgun
-
U/s 119650 - Handle and use a Self-loading Rifle or Carbine
-
U/s 119651 - Handle and use a Manually Operated Rifle or Carbine
-
U/s 119652 - Handle and use a Shotgun
-
U/s 123511 - Handle and use a Self-loading Rifle or Carbine for Business Purposes
-
U/s 123514 - Handle and use a Shotgun for Business Purposes
-
U/s 123515 - Handle and use a Handgun for Business Purposes
-
U/s 123519 - Handle and use a Manually Operated Rifle or Carbine for Business Purposes
Jou vuurwapen bevoegdheidsertifikaat aansoek moet steeds deur jouself by jou naaste SAPS ingehandig word vir registrasie.
Fiksheid vereistes
Studente kan hierdie tyd gebruik om fisies voor te berei vir die minimum fiksheid toelating vereistes deur daagliks te oefen. Fiksheidstoets met aankoms
-
50 opsitte “sit-ups” binne 2 minute.
-
5km draf binne 30 minute.
-
30 opstote “push-ups” sonder on ritme te breek.
-
30 ses meter wissellope binne 90 sekondes.
Mediese geskiktheid sertifikaat: Studente moet voor die kursus ‘n brief verkry wat hulle medies geskik verklaar om deel te neem aan die fiksheid program. Dit kan verkry word van jou huisdokter (GP).
Deel 2 Praktiese opleiding by GameWays
Opleiding word aangebied deur verskeie instrukteurs elk ’n spesialis in hulle gebied van opleiding.
-
Noodhulp vlak 2 mediese kwalifikasie sertifikaat.
-
PSIRA – Graad E & D sekuriteit sertifikaat en registrasie as sekuriteit beampte.
-
Slang hantering sertifikaat deur Reptile Rescue.
-
Ongewapende vegkuns “unarmed combat” sertifikaat.
-
Gevorderde vuurwapenopleiding en nagskiet.
-
Veldkuns, oorlewing en kamoeflering.
-
Navigasie, kaartlees en kompas.
-
Diere anatomie en nadoodse ondersoek.
-
Strikke en onwettige 'jam' metodes.
-
Spoorsny en teen-spoorsny.
-
Kommunikasie en 2-rigting radio prosedures.
-
Waarneming en observasieposte.
-
Patrollering.
-
Hinderlaag en teen-hinderlaag prosedures.
-
“Kontakdrils”, die vuurgeveg en opruiming van die doelwit area.
-
Huis penetrasie en opruiming.
-
Grootwild identifisering en gewoonte studies.
-
Ontplooiing in reservate waar van die groot 5 voorkom.
Gedurende die opleiding van fase 2 sal die studente die volgende uniform ontvang vir die verloop van die kursus
-
2x Lang broeke (Camo)
-
2x Lang mou hemde
-
2x T-Hemde
-
1x Ronde Hoed (Camo)
Deel 3 Veldfase
-
Die finale fase van die Teen-Wildstroop opleiding behels die maand lange ontplooiing as Teen-stroop Eenheid (TSE) kandidaat in ’n wildtuin of wildplaas waar van die Groot-5 voorkom.
-
Kandidate is onder konstante evaluering om te bepaal of leeruitkomste behaal is.
-
Vir hierdie fase kom kandidate onder operasionele bevel van die Sekuriteit Afdeling (TSE) van die park of plaas wat in beheer is van die daaglikse ontplooiing en take.
-
Aan die einde van die fase word evaluasiestate gekonsolideer en kandidate kry ’n finale punt.
-
Suksesvolle kandidate ontvang ‘n GameWays sertifikaat.
GameWays Opleidingfasiliteit
GameWays beskik oor ‘n 2,200 Ha opleidingfasiliteit wat ideal is vir Teen-Wildstroop opleiding. Die opleidingsterrein is geleë naby Steenbokpan 56Km wes van Lephalale / Steenbokpan,
Limpopo Provinsie.
Sertifikate en kwalifikasies saamgevat vir die bogenoemde prys
-
GameWays Teen-Wildstroop Sertifikaat.
-
Vuurwapen bevoegtheid vir besigheid (alle wapens) Sertifikaat.
-
PSIRA Sekuriteit Graad E Sertifikaat.
-
PSIRA Sekuriteit Graad D Sertifikaat.
-
Wildlife Campus Teoretiese Sertifikaat.
-
Noodhulp Vlak 2 Sertifikaat.
-
Self Verdediging Sertifikaat.
-
Slang Hantering Sertifikaat.