
OORBRUGGINGSJAAR PROGRAM
Is jy gereed vir die beste leerervaring en avontuur van jou lewe? Dan is jy op die regte plek. Gameways is die opleidingsfasiliteit vir teoretiese kennis en praktiese vaardighede wat hand-aan-hand loop.
OORBRUGGINGSJAAR PROGRAM INLIGTINGSTUK
Gameways is landswyd bekend vir die top gehalte, hoё standaard Oorbruggingsjaar, Wildplaasbestuur, Teenwildstroop en Natuurberoepsvoorligting kursusse wat hul aanbied.
Boere praat met lof van studente wat suksesvol hul kursusse voltooi het en die kennis waaroor hul beskik.
Weens die praktiese aard van die wildbedryf is die opdoen van praktiese ervaring uiters belangrik om te verseker dat ‘n wildplaas op ‘n volhoubare en winsgewende wyse bestuur word.
Gameways het juis om hierdie rede die Oorbruggingsjaar Program saamgestel om te verseker dat studente wat suksesvol die kursusse voltooi het direk ‘n pos kan beklee in die Wildbedryf sonder dat hulle eers ekstra praktiese ervaring hoef op te doen.
Die wildbedryf in Suid Afrika bied baie opwindende moontlikhede aan persone met die nodige kennis en liefde vir die natuur. Wildplase alleen beslaan ongeveer 25% van die grondoppervlakte van Suid-Afrika.
Elkeen van daardie plase benodig ‘n hardwerkende, passievolle kundige met die nodige vaardighede en kennis om die onderskeie afdelings reg te bestuur.
Terselfdertyd is daar ook talle beroepe wat swaar op die wildbedryf steun en afhanklik van mekaar is om suksesvol te kan funksioneer.
Ekoloë, veeartse, veearts assistente, veldgidse, beroepsjagters, toergidse, ‘’Lodge” bestuurders, wildvangers en taksidermie kundiges.
Almal met ‘n gemeenskaplike liefde en respek vir die natuur en ‘n passie om dit te bewaar.
‘n Ervare kundige in die wildbedryf moet dus kennis dra van ‘n groot verskeidenheid afdelings om ‘n plaas op so ‘n wyse te bestuur dat dit vir die boer winsgewend en volhoubaar is.
Boere is dus geneig om eerder een persoon in diens te neem wat oor kennis beskik van die verskillende afdelings waaruit hulle wildplase bestaan as om klomp verskillende spesialiste in diens te neem.
Die huidige ekonomiese omstandighede in Suid Afrika het veroorsaak dat baie wildplaas eienaars nie meer kan bekostig om op hul plase te bly nie en moet stad toe verhuis om ‘n alternatiewe inkomste te genereer.
Dit beteken dat daar talle plase leeg staan sonder enige persoon wat die plase bestuur of beskerm teen wildstropers en diefstal.
Hierdie plase is gewoonlik vir die eienaars dan slegs ‘n groot finansiele uitgawe.
Studente wat egter die Gameways Oorbruggingsjaar suksesvol voltooi het kan hierdie probleem aanspreek weens die feit dat hul toegerus word met die nodige kennis om nuwe tendense en geleenthede in die bedryf te kan identifiseer en aangryp.
Die Oorbruggings Jaar "Gap Jaar" program (11 maande)
-
Wildplaasbestuur Kursus (3 Maande)
-
Lodgebestuur Kursus (21 Dae)
-
Teenwildstroop Kursus (2 Maande)
-
Vleisverwerking Kursus / Blokman (5 Dae)
-
Veldgids Kursus (3 Maande)
-
Ammunisie Herlaai Kursus (3 Dae)
-
Basiese Algemene herstelwerk: Elektries, Loodgieter, Bouwerk, Meganiese Motorwerktuigkunde, Sweiswerk en vele meer (1 Maand)
-
Praktiese werkservaring in hierdie onderskeie beroepsrigtings, word opgedoen
Koste: R 239 000.00 (btw uitgesluit) vir die jaar
-
Met bespreking word ’n deposito van R 54 970.00 verlang
-
Die balans kan oor 10 Maande afbetaal word.
-
Die volle bedrag moet betaal wees nie later as die 1ste November nie
-
Daar is 2.5% of R 5 975 afslag op eenmalige betalings Studente wat die kursus suksesvol voltooi sal ’n
totaal van 16 sertifikate ontvang