top of page
gameways-header-12.jpg

Die Gameways span het gevind dat hoërskool studente voorligting benodig met een van die belangrikste besluite van hul lewens. Studente gaan gereeld blindelings in ‘n beroepsrigting, sonder om te weet wat die beroep werklik behels.

NATUURBEROEPSVOORLIGTING KURSUS

NATUURBEROEPSVOORLIGTING KURSUS INLIGTING

Statistiek toon dat die gemiddelde student ongeveer drie keer in hul lewensduur van beroepsrigting verander. Die student se persoonlikheid moet immers by die beroep pas.  Die Gameways Junior Natuur-beroepsvoorligtings kursus is juis vir hierdie rede saamgestel om ouers hierdie onnodige koste te spaar en te verseker dat studente ingeligte besluite oor hulle toekoms neem.

 

Die Junior Natuur-beroepsvoorligting kursus bied studente die inligting en ‘n praktiese voorsmaak van tien natuur beroepsrigtings.  Studente word die geleentheid gebied om te ervaar waaruit ‘n tipiese dag in elkeen van hierdie beroepsrigtings bestaan. 

 

Beroepe sluit in: Veldgids, Wildveearts, Veearts assistent, Toergids, Wildplaasbestuurder, Natuurbewaarder, Jagondernemer, Beroepsjagter, Lodgebestuurder & Teen-wildstroper.

Die kursus aktiwiteite sluit in

  • Slang Aanbieding (identifisering & basiese hantering)

  • Boom identifisering

  • Skietkuns, (veiligheid en opleiding)

  • Boskook & potjiekos kompetisie

  • Nagmars en navigasie

  • Slaap 1 aand onder die sterre

  • Natuur vasvrae

  • Sterre kennis

  • 1 uur alleen in die bos

  • Hindernis baan spanbou aktiwiteite

  • Lantern bekruip (Onderhewig aan seisoen vir Skerpioene ens.)

  • Wildpyl

  • Persoonlikheids analise (Sielkundige op UNISA se keuringsraad)

GAMEWAYS JUNIOR PIETER LAMBRECHT

Tydens die verloop van die kursus ondergaan studente self ontwikkeling, leer hulself ken, bevorder belangrike spanbou vaardighede, leer om mekaar op te bou en maak lewenslange vriende.

 

Kursus besonderhede

Kursus datums is onderhewig aan besprekings.

Die kursus word aangebied in Afrikaans (Engels sprekende studente wat Afrikaans verstaan kan beslis ook die kursus meemaak).

'n Gameways bywoningsertifikaat word aan die student uitgereik na afloop van die kursus.

Die kursus is vir seuns en meisies vanaf 14 tot 19 jarige ouderdom.

Die kursus word aangebied in Steenbokpan, sowat 60km vanaf Ellisras (Lephalale), Limpopo

 

Prys:  R 7,450.00 (7 Dae)

KURSUS DATUMS 2023

  • 25 Maart 2023 tot 1 April 2023

  • 1 Julie 2023 tot 8 Julie 2023

Alle kursusse en datums is onderhewig aan besprekings

Kursusfooi sluit die volgende in

  • Verblyf in ‘n lodge geleë op ‘n 2,200 Ha wildplaas

  • 3 x etes per dag en versnaperinge

  • Gameways Handleiding/Studiegids

  • 2 x Gameways T-hemde en Gameways hoed

  • Gameways koffie fles

  • Wasgoed was 1 x per week

  • Skiet oefeninge met verskeie vuurwapens 

  • Alle uitstappies en so ook spesiale aanbiedings deur kenners in die bedryf en vele meer.

 

Hierdie kursus beloof om ‘n onvergeetlike ervaring vir enige hoërskool student te wees!

gameways-background-2.png
bottom of page