
Lees en vind uit wat ons studente te sê het oor GAMEWAYS
GETUIGSKRIFTE
Yoalanda Aldrich
Baie baie dankie Donald vir die mooi fotos en Gameways span vir absoluut alles wat julle vir ons kinders gedoen en beteken het. Geld kan dit nie koop nie. En dit was so lekker om die jong mense en van hulle ouers te kon ontmoet. Jammer as ons nie by almal uitgekom het om n geselsie te maak nie. Nogmaals dankie vir alles Lourens, Isabella, Markus, Angi, Jaqie. Julle is sout vd aarde. Dankie ook vir die hulp met ons wiel. Kon darem een kry na ure. Ons is veilig in Bloemfontein. Frans vra ook ons moet nogmaals dankie se vir alles namens hom ook op ons groep. Groete en mooi loop. Pieta en Yoalanda Aldrich.
Nicky Cronje
Sjoe. Hoe sê mens Dankie? Dit is so klein woord wat mense soms die belangrikheid van vergeet. Dankie vir die hele Gameways span vir julle toewyding en omgee. Dankie dat ons vir 'n jaar deel kon wees van julle lewens. Julle sal vir altyd deel wees van ons sin. Mag julle net Seën ontvang en van krag tot krag gaan. Vader behoed julle en is met julle. Groete vir nou maar beslis nie Totsiens nie. Baie Dankie weer. Die Cronje's en ons Loubsertjie
Yolandie Germishuys
Ek het so gehuil die dag toe julle my laat weet daar is 'n plekkie vir Johando by julle. Nooit kon ek dink wat dit vir my kind sou beteken nie. Julle het 'n moeilikke seun verander in n man waarop ons trots is. My BOSKIND soos ons hom die laaste jaar noem is nou n man en julle het n groot hand in daardie stap gehad. Ek bid dat ons Heer julle sal toerus om dieselfde vir nog baie jong seuns en dames te kan doen. Die vriendskappe wat gemaak is by julle glo ek gaan vir baie jare wat nog kom bly staan. Alle liefde en Groete van die Germilelies se kant af.
Jullia Rossouw
Wil net weereens baie dankie sê vir elke persoon by Gameways vir alles wat julle gedoen en beteken het vir ons ongelukskind😜🤗. Wian het so baie geleer daar by julle en verseker 'n hele paar extra paar grys hare vir almal gegee. Om Gameways toe te gaan vir 'n jaar sal ons verseker vir enige persoon aanbeveel. Dit het gehelp om kinders net nog ' n treetjie nader aan volwassenheid te gee. Vir al die raad en moed inpraat wat gegee is as hulle dalk effe moedeloos geraak het. Julle was verseker hul ouers, broers en susters vir die hele jaar.
Franci Botes
Gameways.
Vandag wil ek hierdie amazing instansie bedank. Ons het Januarie vir Natasha by julle gaan aflaai om haar droom in die natuur na te jaag. Saterdag het ek my vowasse jong dame kind na n suksevolle jaar weer gaan haal. Baie dankie vir hierdie ongelooflike geleentheid. ń Kursus en mense met diep wortels in ons hemelse Vader, hoë waardes en dissipline. Dankie dat ek my kind aan julle kon toevertrou vir n jaar. Dankie vir my kind wat julle gehelp vorm het in ń jong, doelgerigte dame met n passie vir ons natuur. Dankie vir elke persoon wat deel was van hierdie jaar en ń bydrae gehad het in haar opleiding.
Rachel Burger
Julle moet n lekker rus tyd hê en kersfees na ons kids se metamorfoses! Voorwaar! My kind verstom my baie keer..maar hierdie keer kan ek getyig met n dankbare hart dat julle oor sy pad gestuur was! Sy siel is geheel na GW en sy mense! En ek dank die Vader vir julle! Hy het deur n moeilike tyd gegaan na sy pa se dood.. en toe hy sê hy wil gaan het ek geweet hierdie klink net reg! Waa vêrrr en hy eerste keer gevlieg..alleen ook nog..maar die man wat hy aan die ander kant uitgekim het was die bewys!! So so dankbaar vir julle!
Marchel Nel
Nogmals dankie Gameways personeel en almal betrokke met die kursusse ook. Eerste indrukke was beslis die Godsdienstige beginsels wat neergelê was van dag een af. Ons waardeer elke oomblik wat jul daar was vir Dewan, ons het reeds dit voorgestel ook vir ander ouers wat nog wik en weeg, Gameways is beslis die plek met waardes en hoë standaarde!
Ons is ongelooflike trotse ouers
Pieter Aldrich
Ek as ouer wil julle bedank vir die manier waarop julle as n kompleet span ons kinders hanteer en opgelei en opgevoed het . Ek glo hulle het almal baie ryker Gameways verlaat . Ek wil julle opdra aan ons Hemelse Vader dat Hy julle sal ly tot nog groter dinge want julle verdien dit . Dankie ook aan alle ander personeel wat deel was in hierdie jaar van kosmaak tot klere was . Gameways is een van nie baie sterre wat helder skyn in wat en hoe julle dinge doen in ons land . Mag julle geseen word in die kers seisoen en nog n pragtige jaar in 2022 beleef .

CHANÉ EGGEL
Ek wil net sê dankie Oom Lourens en Tannie Isabella dit was ‘n “experience of a life time” Ek sal dit nooit vergeet nie! Ek sal altyd verlang en terug wil kom na GameWays en deel van my sal altyd daar bly. Dit het my lewe verander en al wat ek nou ooit wil doen is net in die bos wees want dis waar ‘n mens eintlik hoort. Dankie vir alles tot ons eendag weer sal ontmoet.
AJ TERBLANCHE
More tannie ek stuur ‘n boodskap net om te sê baie dankie vir een lekker kamp waar ons so baie geleer het en nuwe familie gemaak het. Dit was een lekker kamp wat ons nooit sal vergeet nie. Ek mis julle al klaar baie! Ek en my vriende het klaar ‘n kuier gereël vir na Kersfees. Ons sal definitief kontak hou met julle. Laat weet my ook as julle hulp nodig het daar. Ek sal met graagte ‘n volunteer kom wees daar want my hart het agter gebly op daardie plaas.
NATELY MC CAROGHER
Wil net vir almal by GameWays dankie sê vir die geleentheid wat hulle ons kinders gebied het om hulle kennis te verbeter en hulle horisonne te verbreed. Dankie vir die geduld en verdraagsaamheid en die passie wat in julle lê om vir ons kinders dinge te leer wat hulle werklik bevoordeel. Ook van die natuur en ons kinders se toekoms. Michael het dit werklik baie geniet en ek glo dit was elke sent en die moeite werd.
MEV MARGUERITE SWANEPOEL
Liewe Lourens, Isabella en die Gameways Span. Ek wil net vir elkeen van julle ongelooflik baie dankie sê vir Quinita se week van avontuur. Ek dink nie daar is genoeg byvoeglike naamwoorde (awesome, fantasties, onvergeetlik, amazing - en so kan ek aangaan) om haar tydjie daar by julle te beskryf nie. Ek kan julle verseker dit is 'n week wat sy vir die res van haar lewe met haar gaan saamdra.
Daardie bekkie kan net nie ophou babbel nie en elke dag hoor ons net nog 'n nuwe storie. Baie dankie vir die passie en tyd wat julle met soveel liefde in ons kinders belê het. Quinita het vriendskappe gesmee wat haar nog baie lank gaan bybly en ek verseker julle dat elkeen van julle vingerafdrukke in haar hart gelaat het wat niemand sal kan uitwis nie.
Dankie vir julle bydra om haar nog 'n tree nader aan haar lewensdroom te bring. Mag julle passie van krag tot krag gaan en ek bid dat geluk en voorspoed julle metgeselle sal wees in alles wat julle aanpak en dat julle uit julle sokkies geseën sal word. Liefde.
MNR STEFAN FOURIE
Ek het vandag vir Jeandre gaan haal. Hy is baie gelukkig met alles wat gebeur het. Hy het baie nuwe vriende gemaak en baie geleer. Ek wil hierdie kursus vir almal wat hulle kinders wil stuur, baie sterk aanbeveel. Dit was vir hom 'n great leer skool. Ons kyk nou foto’s. Hy is opgewonde oor alles wat gebeur het. Dit is professioneel aangebied. Dit is nie dis soos baie (fly by night) kursusse nie. Jeandre is al van kleins af bloot gestel aan veldskool tipe kursusse.
Hy het baie geleer. Ons het nie geweet wat hy na matriek wil doen nie maar na hierdie kursus is sy pad wat hy wil loop meer gefokus. Ek wil vir Lourens en Isabella van Coppenhagen bedank vir die manier waarop hulle my kind laat voel het soos een van hulle sin. My seun is baie gelukkig. Ek bid vir julle voorspoed toe in julle toekomstige kursusse. Julle is plat op die aarde mense wat omgee (Jeandre se woorde) Die kursus was “Excellent” en elke sent werd. Die kinders kom groot mense terug.
WERNER SCHEEPERS
Die kursus was die beste besluit wat ek ooit kon neem! Die kennis wat ek opgebou het is van onskatbare waarde! As jy ‘n liefde vir die natuur het, beveel ek die kursus aan vir enigiemand wat sy kennis wil opbou! Fantastiese mense, fantastiese inligting. Beslis ‘n regmerkie op my bucket list gewees!
MARTIN PRETORIUS
Gameways is ‘n moet gaan!!! Ek het daar gekom met geen kennis nie en daar uitgestap met meer kennis as wat ek gedink het ek sal in kry. Oom Lourens en die GameWays span, baie dankie vir die lekker tye en kennis wat oom hulle vir ons geleer het. Ek sal aanbeveel dat ander mense vinnig ‘n “booking” moet maak.
ELMARYN du PLESSIS
Dit was die lekkerste week van my lewe! Ek sal dit nooit vergeet nie. Baie nuwe dinge geleer en gedoen. Die mense is so vriendelik, voel amper soos familie. Ons groep was ‘n baie lekker groep. Mis julle almal xx
QUINITA SWANEPOEL
Die BESTE plek waar jy kan gaan. Die beste mense en die beste belewenis. 'n Ervaring wat ek nooit sal vergeet nie. Dankie aan GameWays!
DANIE BOOYSEN
‘n Fantastiese ervaring vol avontuur! Die kos is baie lekker. Die kursus help baie om eendag te besluit wat jy wil doen. Almal is vriendelik. Mense wat vriende op die kursus was het familie geword.
Baie Dankie GameWays vir ‘n fantastiese ervaring wat ek nooit sal kan vergeet nie.
FANIE van ECK
Ontsaglike lekker ervaring gewees! Mens word familie en oom Lourens en tannie Isabella is soos ‘n pa en ma. Mens kry nie n beter mentor as oom Sydney nie en ‘n beter kok as tannie Ragel nie. Dit was baie lekker en mis als en almal al klaar weer.
JUAN-DRE HOUGH
Dit was ‘n great Kursus. Baie dankie aan almal wat dit so amazing gemaak het.. Dit was regtig ‘n belewenis en dit kry jou kop op die regte pad in die tiepe beroep waarin jy wil gaan. Dit het my definitief gehelp die regte besluit te maak en ek sal dit aanbeveel aan almal wat hulle kennis in die natuur wil versterk. Dit is die beste kursus ooit!
NELLIEN SCHUTTE
Fantastiese ondervinding! Hope pret saam met kennis wat mens nie maklik op ‘n ander plek sal kry nie.
COLLEEN WOLMARANS
Sjoe , waar begin mens? My pa sou altyd se, seker by die begin my kind... Nou ja..... laat ek begin....
Ek het by Gameways aangekom vir my Wildsplaasbestuur kursus, baie senuweeagtig en skrikkerig, seker oor ek al n paadjie gestap het wat my ouderdom betref, en soos van die ander ouens gedink het ek is die mamma wat haar dogter met die cruiser kom aflaai, oor haar Prado in die stoor staan... haha toe nou nie! Toe is ek een van die "studente" wat ook graag my droom wil leef en meer kennis opdoen van die natuur.
Ek het nie veel kennis gehad nie, darem nie dat ek niks geweet het nie, maar nog steeds. Ek het half stupid en uit gevoel tussen die jong klomp. Die kennis wat ek opgebou het by oom Sidney is van ongelooflike waarde, ek het soveel by hom geleer, hy is voorwaar n fantastiese man om na op te kyk, n voorbeeld vir elke jong mens daar buite wat dors is vir kennis oor die natuur, dit was meer as amazing om na hom te luister en te leer wat hy weet van die natuur. Ek het elke oomblik in verbasing na sy kennis en stories geluister. Ek sal seker altyd aan hom dink as ek n Sclerocarya birrea caffra (Maroelaboom) sien! Ek het drome gehad oor al daai wetenskaplike name vir die bome! Oom Sidney, ek kon nie genoeg dankie se vir als nie, ek sal vir altyd onthou wat ek geleer het by oom! Baie dankie!
Lourens en Isabella.... watse uitsonderlike mense is julle nie! Ai, ek het so lief geraak vir julle, julle is die gom wat Gameways bymekaar hou! Julle passie vir dit wat julle doen het my party dae verstom, ek sit my beste hoed op, dan haal ek hom af vir julle twee mense! Julle is kick-ass hoor! Don't ever change! Hou aan wat julle doen, jul sukses spreek vanself in jul werk! Vissie en Angie.... julle twee pragtige meisies, dankie dankie dankie vir al jul geduld met ons, dankie vir die saam lag, en al die Plays by die snoepie, en jul kennis wat jul ook met ons gedeel het, bly altyd so pragtig en so mooi voorbeeld vir jong mense ❤ Ek het met my bietjie kennis op Gameways aangekom en ek is na 3 weke daar weg met baie meer as net kennis oor die natuur.... ek is weg met soveel meer, ek het die beste vriende ooit gemaak waarvoor enigiemand kan vra, opregte, 'genuine' vriende. Vriende wat saam jou gelag en gehuil het, vriende wat jou gemotiveer het as die velange huis toe te veel was, vriende wat koffie en bar-one's en Play aangedra het as die nagte te lank was en die leerwerk baie, vriende met wie jy n toekomspad kan stap, dis vriende wat ek vir altyd sal koester in my hart en elke memory oor en oor herleef as die verlange erg raak.
Ek het n stukkie van my hart op Gameways agter gelaat, dit was die beste tyd en beste leerskool wat ek al ooit gehad het! Gameways sal in my bloed bly en deur my are bruis, ek is trots om te se ek is deel van die Gameways familie en ek sal met groot vrymoedigheid in my hart enigeen aanbeveel wat sy/haar liefde vir die natuur wil uitleef! God het immers vir ons moeder aarde gemaak om op te pas en na te kyk, en met kennis wat jy opdoen kan jy na ons aarde kyk na die beste van jou vermoë! Gameways.... julle is fantasties! Dankie vir elkeen wat my tyd daar onvergeetlik gemaak het! Ek het jul lief gekry elkeen op sy eie unieke manier...☺❤
MEV ELIZMA SAXON
Hi Isabella.
Ek het die teorie wat tydens die kursus behandel is, gelees -en ek is beïndruk! Dis ‘n omvattende veld met intensiewe inligting wat in so ‘n kort tydperk gedek en behandel word. Hierdie kennis en ondervinding kan beslis tot elke individu wat die kursus bywoon, se voordeel strek. Dankie vir die beplanning en opoffering wat julle gedoen het om hierdie kursus vir my kind moontlik te maak.
Hy sal beslis die kennis wat hy by julle opgedoen het, weer kan toepas -selfs ook van die kennis in ander aspekte van boerdery . Mag julle onderneming van krag tot krag gaan en mag julle baie voorspoedig wees.Xxx
Elizma Saxon
ANKA VAN ROOYEN
“Wat 'n voorreg om die sertifikaat te kon ontvang. Game Ways julle was goed vir my!
Oh my woord, dié was een gatskop kursus gewees. Ek het goeie mense ontmoet. Ek het vriende, familie gemaak. Ek het herinneringe gemaak. Maar die belangrikste van alles is dat ons weer kon waardeur wat ons werklik het. Julle is binne my hart uit gekerf.
Saam gehuil en saam gelag, maar meeste van alles is dat ons saam hierdie dinge kon aanpak. Liefde is 'n groot woord, maar lief geraak is nie die woorde vir julle nie. Iets groter is. Hierdie besluit was dalk een van die beste besluite nog gewees.
Julle is great en julle persoonlikhede is absoluut iets om oor te praat! Ek het 'n baie belangrike les geleer op hierdie kursus, en dit is om deur ander mense raak te sien wat ek eintlik voor moet dankbaar wees en hoe jy in jouself moet glo. Die goed wat gesê was deur hierdie kursus is iets om saam te vat vir die res van jou lewe.”
WERNER KRUIS JNR
“Beslis die beste Wildsplaasbestuur Kursus wat daar is!! Dit was ‘n amazing belewenis en het baie geleer.
Dis rêrig 'n baie goeie kursus Jy leer baie in verskillende rigtings, alles wat te doen het met 'n wildsplaas”
ROUXNETTE ELS
“Julle weet Janroux Els het elke oomblik geniet. Baie dankie vir julle wat hul so mooi touwys gemaak het. Ek weet dit was 'n wonderlike ervaring vir hom!”
RONEL ROCHER
“Hierdie kursus is regtig 'n moet, baie leer saam (leersaam). My seun het die kursus nou Maart-April 2017 bygewoon, hy het dit baie geniet. Goeie ondervinding op gedoen. Baie dankie vir Lourens en Isabella vir hierdie geleentheid.”
HANNES EN ADRUHETTE VAN SCHALKWYK
Hi Isabella en res van die GameWays span! Hier waar ek as mamma van ‘n jongman nou sit en die foto’s deurkyk van wat hul alles by die GameWays Junior Kursus gedoen het. Het ek besef al moes ons ‘n paar dinge opgee om hom daar te kry en al is ons voertuig se km’s nou ‘n volle 2000km hoër, was dit deur en deur die moeite werd. Handro is ‘n ander mens. Hy het ‘n rustigheid in sy gees, hy is vol lewenslus en hy het groot geword en kan nie ophou vertel van als wat hulle daar gedoen en geleer het nie. Die selfoon piep sonder ophou soos hy en sy nuwe maats gesels en mekaar se lewens deel.
Soms wonder mens want jy hoor van soveel dinge van kursusse wat nie is wat belowe word nie, maar ek kan vir julle die grootste goue ster gee! Elke liewe foto is een van julle by die kinders om hulle te ondersteun, help of sommer net saam met hulle te lag oor nonsense wat hulle aanvang. En om van die kos nie eens te praat nie……… My kind eet na nou glad pap!! En as ek nou nog een keer moet hoor van die lekker “muffins” wat die tannie bak!
Gameways al wat ek kan se is julle het ons wildste verwagtinge oortref. Baie baie dankie vir al jul moeite met die kinders, julle het voorwaar memories gemaak wat NOOIT vergeet sal word nie!
Groete en baie liefde vanuit die Noordkaap. Hannes en Andruh
PIERRE, BREGGIE, JANA, KAREL EN VERAL JACO KOK
Beste Lourens, Isabella en familie (en al die ander personeel)
‘n Jaar en ‘n half gelede het ons nie van Gameways geweet nie. Jaco het nie geweet wat hy wil doen nie en ons het net gehoop om matriek agter die blad te kry. Vir die jaar 2020 was die gap-jaar kursus ‘n hoogtepunt. Ons seun, wat nou ‘n jong man is, het begin borrel oor alles wat hy geleer het en het goed gedoen in sy toetse, omdat dit uiteindelik iets was waarin hy belangstel. Hy het vertel van die Bybelstudie en kameraadskap. Hy het baie meer geleer as net die boeke-en veldkennis wat hulle opgedoen het. Ek dink die belangrikste is dat hy homself leer ken het. Ek glo en vertrou dat daar vir hom ‘n mooi toekoms sal wees in die bedryf en dat hy die grondslag wat julle gelê het ten volle sal benut. Ons sal julle kursusse vir enige persoon aanbeveel. Ek wil ook vir elkeen betrokke, veeartse, slangkenners, boere wat hulle plase beskikbaar stel, instrukteurs, elke liewe persoon wat bydrae tot julle onderneming, bedank en God’s rykste seën toewens vir die toekoms. Mag dit voorspoedig gaan met elkeen van julle!!
Met opregte waardering.
Pierre, Breggie, Jana, Karel en veral Jaco (Kok)
NATASHA FOURIE
Dankie Gameways vir die groot rol wat julle in ons jong manne se vorming gespeel het. Ons het ons seuns aan julle toe vertrou en julle het jong manne aan ons terug besorg. Manne met trots in dit wat hulle doen, moed om die goeie stryd te veg, geloof in ons Hemelse Vader wat hulle beskerm, waardering vir die skepping, natuur en klein dingetjies in die lewe, kammeraadskap wat geld nie kan koop, en die lysie gaan aan en aan. Woorde van waardering sal nooit waarlik dit wat julle doen kan beskryf nie, maar ek dank julle uit die diepte van my hart en wens God se rykste seën oor julle besigheid.
Ons seun kan nie wag om aan te sluit vir die AP Kursus nie. Hy gebruik reeds sy kennis opgedoen tydens die Wildplaasbestuur kursus. Gameways is voorwaar die leier in hulle gebied

