6 MAANDE OORBRUGGINGSJAAR PROGRAM

Die wildbedryf in Suid Afrika bied baie opwindende moontlikhede aan persone met die nodige kennis en liefde vir die natuur.  Wildplase alleen beslaan ongeveer 25% van die grondoppervlakte van Suid-Afrika en elkeen van daardie plase benodig ‘n hardwerkende, ervare kundige in die wildbedryf met die nodige vaardighede en kennis. 

 

 

‘n Ervare kundige in die wildbedryf moet dus kennis dra van ‘n groot verskeidenheid afdelings om ‘n plaas op so ‘n wyse te bestuur dat dit vir die boer winsgewend is. Wildplaasbestuurders, Teenwildstroop operateurs, Veldgidse, Beroeps jagters, Toergidse, ‘’Lodge” bestuurders,  Wildvangers en Taksidermie kundiges het almal een ding in gemeen – liefde en respek vir die natuur en ‘n passie om dit te bewaar.

 

Die nuwe tendens in die Wildbedryf is dat boere geneig is om eerder een persoon in diens te neem wat kennis het oor die onderskeie afdelings waaruit hulle besigheid bestaan as om klomp verskillende spesialiste in diens te neem.

 

Studente wat die Gameways 6-maande Oorbruggingsjaar suksesvol voltooi het sal vir enige

Wildsplaas eienaar ‘n aanwins wees, omrede hulle toegerus is om die plaas te kan bestuur op so ‘n wyse dat die plaas weer vir die eienaar ‘n finansiele inkomste kan genereer.

 

Gameways se Oorbruggingsjaar programme is egter meer as net kursusse. Tydens die program fokus ons om die student voor te berei vir die grootmens wêreld. Dit is vir ons belangrik dat elke student op ‘n geestelike, emosionele en fisiese vlak groei moet ondergaan.

6-maande Oorbruggingsjaar program sluit die volgende kursusse in:

 

  • Veldgids kursus (2 maande)

  • Wildplaasbestuur (2 maande kursus)

  • Basiese Vleisverwerking kursus

  • Beroepsjagter voorbereiding

  • Beroepsjagter kursus (David Sutherland)

  • Basiese Algemene herstelwerk (Elektrisien, Loodgieter, Bouwerk, Meganiese Motorwerktuigkunde, Sweiswerk ens.)

  • Noodhulp Vlak 1,2

  • Brandbestryding Vlak 1

  • Praktiese ervaring in hierdie onderskeie beroepsrigtings, werkservaring by die spesialiste in hierdie rigtings in die wildsbedryf waartydens hulle waardevolle aanvullende kennis opdoen word.

Kursus gelde sluit in:

 

  • Alle Akkommodasie vir die duur van die kursus is in die hartjie van die bosveld in die Gameways “Lodge” Fasiliteite

  • 3 Etes per dag

  • Gameways Uniform (2x Knoop hemde, 2x t-hempies, Gameways keps en bekertjie)

  • Alle uitstappies en aktiwiteite

  • Studie gidse vir alle onderskeie kursusse

  • Wasgeriewe is beskikbaar op die perseel teen geen addisionele kostes

  • Hulle sal op voorafbepaalde datums vervoer word na die naaste dorp

Betalings Advies:

  • Die Oorbruggingsjaar koste beloop R97 000

  • R 19 400 deposito word benodig om plek te reserveer

  • 5 Maande R 15 520 p/m (Afbetalings Opsie)

  • 5% Afslag sal gegee word op eenmalige betalings

  • Sien kwotasie aangeheg met afbetalings opsies aangeheg.

VIND MEER UIT, KONTAK ONS

ONS BLADSYE

GameWays Wit Logo.png

GameWays NPC
Reg No: 2018/438974/08


Tel: +27 (0)83 753 3837

E-pos: info@gameways.co.za

Adres

Steenbokpan

Limpopo

South Africa

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube

GAMEWAYS KAART

2019 © Copyright - Gameways Anti-Poaching NPC ׀ Designed & Created by Urbonic Graphics