BEWARING DEUR OPLEIDING, KENNIS EN PRAKTIESE DEELNAME

WAT ONS BIED
GameWays bied die volgende kursusse aan
TEEN-WILDSTROOP
Die aanhoudende stroperoorlog in Suid-Afrika beweeg van nasionale wildreservate na private plase...
WILDSPLAASBESTUUR
Daar is meer as 9 000 wildplase in private besit in Suid-Afrika wat 17 miljoen toegang bied...
NATUURBEROEPSVOORLIGTING
GameWays bied kursusse in beroepsvoorligting aan jong leerders met belangstelling in die natuur...
WAAROM ONS
Vind meer uit oor GameWays
Wat Gameways se natuurkursusse so besonders maak is die feit dat die kursusse aangebied word deur topgehalte aanbieders wat elkeen 'n spesialis is in hulle onderskeie velde. Ons aanbieders het 'n passie vir die natuur en strewe om soveel moontlik van hulle kennis en ervaring aan studente oor te dra.
Elke student se welstand en prestasie doelwitte is vir ons belangrik en ons is altyd bereid om die ekstra myl te loop om te verseker dat ons studente hulle vooropgestelde doelwitte wel bereik. Studente word toegerus met die nodige praktiese ervaring en teoretiese kennis om met selfvertroue 'n wildplaas bestuurposisie vol te staan.
Vir ons is elke student spesiaal en hier word studente deel van die Gameways familie. Die lewenslange vriendskappe en herinneringe wat deur die loop van die kursus gesmee is maak hierdie 'n eens in 'n leeftyd ervaring.
OORBRUGGINGSJAAR
Die wildbedryf in Suid Afrika bied baie opwindende moontlikhede aan persone met die nodige kennis en liefde vir die natuur. Wildplase alleen beslaan ongeveer 25% van die grondoppervlakte van Suid-Afrika en elkeen van daardie plase benodig hardwerkende, passievolle ervare kundiges...

Geleë in die hartjie van die beeldskone Limpopo Bosveld sowat 60 km vanaf Lephalale (Ellisras) sal julle ons vind. Hier word mede-natuurliefhebbers met ope arms verwelkom en beloof om aan elkeen 'n onvergeetlike ervaring te bied. Studente word gehuisves in die gemak van 'n pragtige opleidings fasiliteit wat oor al die geriewe beskik om te verseker dat studente hulle volle potensiaal kan bereik.